Toe rugby se wêreldkampioene in 2019 die Webb Ellis-trofee ‘n derde keer huis toe gebring het, kon die span weens Covid 19, nie die land deurkruis om dit vir hul ondersteuners te wys nie.
Vanjaar sal die Springbokke wél ver en wyd met die trofee deur Suid-Afrika reis.
Hulle lojale ondersteuners in Bloemfontein sal egter maar geduldig tot iewers in 2024 vir die Bokke en die beker moet wag.
Bloemfontein se naam verskyn nie as bestemming op die toerprogram nie.
Daar sal volgens Saru, eers volgende jaar reëlings vir toere na Bloemfontein en sekere ander plekke in die land getref word.
Pretoria, Johannesburg, Soweto, Kaapstad, Durban en Oos-Londen kan gereed maak om die manne in groen en goud te verwelkom.
Die toerbus se wiele begin Donderdag draai.