Patoloë sukkel om lykskouings behoorlik te doen sedert Bloemfontein se staatslykhuis byna vier maande gelede gesluit het.

’n Forensiese staatspatoloog in die Vrystaat, Naas Ferreira, verduidelik aan Netwerk24 dat dit ’n gesukkel is vir ondersoekbeamptes om lykskouings uit te voer, veral omdat dit in Welkom of Botshabelo gedoen moet word, wat verdere uitdagings inhou.

Intussen ontbind liggame in Bloemfontein hospitale soos Pelonomi omdat hul yskaste nie reg werk nie.

Die strafregstelsel het gevolglik onbeantwoorde vrae vir families wie se geliefdes aan die dood afgestaan is.

Die Vrystaatse departement van gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi,  het onlangs gesê die staatslykhuis sal binne drie tot ses maande heropen, maar sal na verwagting nog terugvoer later vandag gee.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×