Die Bloemfonteinse teen-bende-eenheid het twee vroue in Ashbury, in die Heidedal-omgewing, op aanklag van dwelmhandel in hegtenis geneem.

Volgens ‘n mediaverklaring het die eenheid die huis ondersoek nadat inligting van moontlike onwettige aktiwiteite ontvang is.

Daar is op mandrax, kokaïen en crystal meth, ter waarde van ongeveer R100 000, asook ‘n onbekende bedrag kontant beslag gelê.

Die twee vroue, onderskeidelik 29 en 24 jaar, sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×