Bloemfontein se voorste kenner van watersake, Rossouw Botes, se hartoperasie was ‘n sukses.
Rosestad-nuus het vroeër berig Botes moes ‘n spesiale inplanting kry om sy hart te ondersteun, toe daar nie betyds ‘n skenker-hart vir hom gevind
kon word nie.
Die spesiale ondersteuningstoestel is aan ‘n battery aangedrewe rekenaar gekoppel wat Botes aan sy lyf sal dra.
Die kardiotorakschirurg, dokter Willie Koen, het die operasie Vrydag in die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad behartig.
Botes sal na verwagting ongeveer drie weke in die waakeenheid bly, en sal dan na ‘n algemene saal oorgeplaas word.
Na ontslag sal hy vir ‘n tyd lank in Kaapstad aanbly, waar dokters sy toestand fyn sal dophou.