Bloemfontein sielkundige veg om sy lewe teen Covid-19

Ds. Attie Steyn, ‘n sielkundige van Bloemfontein en deeltydse leraar by die NG kerk Pellissier is reeds twee weke lank in die hoësorgeenheid van die Life Rosepark-hospitaal.

Volgens Netwerk24 is hy Sondagoggend op ‘n ventilator geplaas.

Sy vrou, Janie, sê dit is vreemd dat haar man so siek is, want hy het geen ander toestand soos hoë bloedruk nie.

Sy sê verder die dokters doen alles in hul vermoë, maar dit sal ‘n wonderwerk verg om hom te laat herstel.

Sy opname in die hospitaal kom nadat hy asemnood ervaar het ‘n week nadat hy positief getoets het vir die Covid 19-virus.

Luister na potgooie hieronder