Met Wêreldherwinningsdag op 18 Maart ding Bloemfonteinse skole mee om die meeste vullis in te samel – en moontlik ’n kontantprys van R15 000 te wen.

Die leerder wat individueel die meeste insamel, ontvang R5 000. Skole het tot 21 Maart om deel te neem.

Die kompetisie fokus op herwinbare, droë vullis wat in sakke versamel word en by skole ingehandig word.

Volgens AfriForum se kennisgewing laai hul vullisverwyderingsvragmotor dit gereeld op en hou hulle telling om die wenner te bepaal.

Dit moedig leerders aan om omgewingsbewus te wees en help om Bloemfontein skoner te maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×