Bloemfontein skool sal samewerking gee in ondersoek oor beweerde molestasie by skool

Grey College in Bloemfontein het op aanmerking oor joernalis Deon Wiggett se boek; ‘n Enkele Verhaal: Die Jag op ‘n Reeksverkragter, waarin hy skryf hy as seun deur Willem Breytenbach verkrag is, gesê dit is moeilik om kommentaar te lewer op iets wat moontlik 30 jaar gelede gebeur het.

Netwerk24 berig verder dat die skool ook gesê het hy sal sy samewerking gee in ‘n ondersoek.

Breytenbach, wat ‘n bestuurspos by Media24 beklee het, is verlede jaar op seksuele aanranding en verkragting in hegtenis geneem en later op borgtog van R50 000 vrygelaat.

Volgens Wiggett se boek het Breytenbach by minstens drie skole kinders gemolesteer.

Breytenbach verskyn weer op 17 November in die hof.

Luister na potgooie hieronder