Die Vrystaatse Provinsiale Regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens loods ’n veldtog vir 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in Bloemfontein.
Volgens hul mediaverklaring duur die veldtog van 25 November tot 10 Desember en fokus op die tema: “30 Jaar van kollektiewe aksie om geweld te beëindig”.
Dit beklemtoon geslagsgelykheid, ekonomiese bemagtiging en die aanspreek van geslagsgebaseerde geweld.
Die bekendstelling vind plaas langs die Sonskyn-satellietpolisiestasie.
Die veldtog streef daarna om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder deur aksie en ekonomiese geleenthede te skep.
Die klem is op samewerking om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te beëindig en ’n veiliger samelewing te bou.