Uitspraak word Maandag in die Appèlhof in Bloemfontein verwag in oud-president, Jacob Zuma, se appèlaansoek oor sy vrylating op mediese parool. Die oud-president, asook die departement van Korrektiewe Dienste, betwis die hooggeregsuitspraak wat Zuma se vrylating op mediese parool onwettig verklaar het. Die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat is glo strydig met die aanbevelings van die Mediese Parool-adviesraad. Die DA-leier, John Steenhuisen, sal vandag se hofverrigtinge bywoon. Strate om die Appèlhof is gesluit en daar word verwag dat ondersteuners by die hof kan saamdrom. Inwoners word gevra om die omgewing liefs te vermy.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×