Met die akademiese jaar wat nader kom, het Premier MaQueen Letsoha-Mathae met Motheo Kollege se bestuur vergader.
Volgens die Vrystaat Regering se sosiale media-plasing is sy oorval met klagtes van studente en ouers oor uitdagings met die registrasieprosesse, swak diens en personeel se negatiewe houding.
Die Premier het klem gelê op ’n vlot registrasieproses om ontwrigting te voorkom.
Studente is gevra om Vrydag, 24 Januarie, terug te keer vir bystand met registrasie.
Die Universiteit van die Vrystaat berig op hul webwerf dat registrasies ook oop is en teen 7 Februarie sal sluit.
Registrasiehulp is beskikbaar by Hek Vyf aan DF Malherbe Rylaan.
Koshuise sal vanaf 25 Januarie oop wees.