ʼn Vrou is R5 000 borgtog in die Bloemfonteinse landdroshof toegestaan, te midde van aanklagtes teen haar van bedrog en geldwassery.
Volgens ʼn verklaring deur die Valke is Marinda Johanna Smith op Vrydag 13 Desember in hegtenis geneem en het op dieselfde dag voor die landdroshof verskyn weens ʼn beweerde aansoek van 28 werknemers se Tydelike Werknemersverligtingskema fondse.
Die Valke het bevind dat die 28 werknemers wie sy gelys het, nie vir haar maatskappy, MJ Upholstry Free State, werk nie.
Hulle het haar in hegtenis geneem vir aantygings van bedrog en geldwassery.
Sy moet op 27 Januarie 2025 in die streekhof te verskyn.