Bloemfontein vullis dalk Vrydag reeds verwyder

Die agterstand met vullisverwydering in die Bloemfonteinse stadsgebied mag alreeds teens Vrydag ingehaal wees.

Luidens Sello Moré, hoof van die Mangaung-metro se vloot en afdeling vir vullisverwydering, het sowat 40 mense Dinsdag by die hoofdepot in Bloemfontein opgedaag, wat werk gesoek het.

Moré sê hy is bewus van klagtes waar groot hope vullis by die sogenaamde houergebiede gelos word voordat dit met trekkers en laaigrawe verwyder word, maar het gesê daardie vullis word nog op dieselfde dag verwyder.

Netwerk24 berig Moré het gesê hulle poog om die agterstande vinniger weg te werk.

Luister na potgooie hieronder