Bloemfontein word tans stuk-stuk opgeknap

Opknapping van die verkeerseilande in Du Plessisrylaan in Langenhovenpark, is maar een van die talle projekte wat AfriForum se takke in die stad tans onderneem.

Bloem Nuus berig dat AfriForum se Bloemfontein-takke op 4 Mei die Veg en Bou-projek begin het deur verkeerstrepe op paaie te verf, sypaadjies en parke skoon te maak, en rommel weg te ry.

Kontrakteurs is aangestel, en Anchor of Hope is ook tans behulpsaam met die opruimingsprojek.

Intussen is AfriForum se Pellisier-tak besig met verfwerk op paaie en die skoonmaak van die Jan Fiskaalstraat se park.

Vullis word verwyder in Heuwelsig, en slaggate in Dan Pienaarrylaan word opgevul.

AfriForum moedig gemeenskapslede en ondernemings aan om by die organisasie aan te sluit sodat ‘n daadwerklike verskil gemaak kan word.

Luister na potgooie hieronder