Bloemfonteiners eis dat die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) behoorlik met die gemeenskap oor watertoevoeronderbrekings kommunikeer.

Inwoners in verskeie dele van Mangaung het Woensdagmiddag al ure sonder water gesit en, luidens kommentaar op sosiale media, is hulle ontstoke dat die nodige reëlings oor die beskikbaarheid van watertenkers sowel as hoe lank die onderbrekings sal duur, nie deurgegee word nie.

Dit volg na ‘n kennisgewing wat MMM op sosiale media geplaas het.

Die kennisgewing het melding gemaak dat daar Dinsdag moontlike watertoevoeronderbrekings sou wees.

Volgens die hoofbestuurder van kommunikasie in Mangaung, Qondile Khedama, sê die stad se waterdiensverskaffer, Vaal Sentraal Water, is die Welbedacht dam vol puin wat die skerms blokkeer, en dus die invloei van rou water na Weldam Treatment Works verminder.

error: Inhoud is beskerm !!