Bloemfonteiners is ontsteld oor munisipale tarief verhogings wat vanaf 1 Julie geld

Bloemfonteiners is ontsteld oor salarisverhogings vir die bykans 5 000 munisipale werkers en 100 raadslede van die Mangaung- munisipaliteit en metro wat Maandag goedgekeur is.

Soos vroeër berig kom dit ook saam met ‘n aansienlike styging in munisipale tariewe wat vanaf 1 Julie geld.

Volgens Netwerk24 styg elektrisiteit met 14,59%.

Johan Snyman, woordvoerder van die Mangaung-inwonersvereniging sê, in die lig van die swak munisipale dienslewering,
en ook die benarde ekonomiese omstandighede wat alreeds gelei het tot die sluiting van baie sakeondernemings, is die begroting vir nóg groter salarisse vir raadslede en amptenare onaanvaarbaar.

Hans Britz, DA-raadslid, het dit ook duidelik gestel dat die DA téén die begroting sal stem, omdat die munisipale koste van ‘n gemiddelde huishouding oor die afgelope vyf jaar met 62,45% gestyg het.

Luister na potgooie hieronder