Bloemfonteiners is woedend oor onwelriekende rioolwater in die middestad

Bloemfonteiners is woedend oor die onwelriekende onverwerkte rioolwater wat agter die African Life-gebou in die middestad opdam.

Tinyiko Mlambo, bedryfsbestuurder, van Delta Property, aan wie die African Life-gebou behoort, het aan Netwerk 24 gesê, hy het in die afgelope jaar al agt e-posse gerig aan die metro.

Hy skryf die probleem toe aan Central Park se rioolvuilwater wat in die erf van African Life instoot.

Die ingenieur wat deur die metro aangestel is om die probleem te ondersoek, het sy dienste gestaak, aangesien hy nog geen betaling van die metro ontvang het nie.

Prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid, is genader deur die aangrensende besighede, onder andere Hugo Prokureurs, Spies en Vennote, en CC Cash Loans.

Van der Merwe sê, die metro beplan om gesondheidsinspekteurs uit te stuur om die probleem te ondersoek.

Luister na potgooie hieronder