Bloemfonteiners gaan saam met die res van die land nog langer moet wag vir hul bestuurslisensiekaarte.
Dit terwyl die Departement van Vervoer met ‘n krises in die vervaardiging van bestuurslisensiekaarte worstel, aangesien Suid-Afrika se enigste drukker steeds buite werking is.
Intussen, volgens Eyewitness News, groei die agterstand in lisensies wat wag om gedruk te word.
Die departement ondersoek oplossings en tydelike lisensies word uitgereik om die impak te versag.
Rosestad-nuus het vroeër navraag gedoen oor ‘n lisensie waarvoor in Januarie vanjaar aansoek gedoen is.
Volgens een van die werknemers by die Vrystaatse Lengau Toets- en Verkeersentrum in Bloemfontein, is daar geen aanduiding van wanneer die lisensie beskikbaar sal wees nie en is Rosestad-nuus aangeraai om weer in Julie navraag te doen.