Ten spyte van menigde aanmanings dat toeskouers nie oor die mure by die Toyota Stadion in Bloemfontein moet spring nie, is Vrystaat Rugby kragtens die sportwet opdrag gegee om heinings om die die veld te installeer.

Volgens Vrystaat Rugby verseker hierdie maatreël dat spelers en beamptes na die wedstryd veilig na die tonnel kan beweeg.

Dit sal ook SuperSport in staat te stel om onderhoude op die veld, sonder ontwrigting, te voer. Verder gee dit ook beamptes tyd om handelsmerkmateriaal en -toerusting weg te bêre voordat toeskouers die veld veilig betree.

Hierdie benadering is volgens Vrystaat Rugby nie iets nuut nie.

Voor 2003 het die veld permanente heinings gehad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×