Meer as 20 vrywillige jeugdiges in Bloemfontein knap paaie in Hospitaalpark op.
Bloemnuus berig drie slaggate en twee groot slote in Charcot- en Von Ludwigstraat is met 35 sakke teer toegemaak.
Dit was alles moontlik gemaak deur samewerking tussen AfriForum Hospitaalpark-buurtwag, plaaslike inwoners en jeugdiges van die Lede in Christus Kerk.
Daarna is sypaadjies op die hoeke van Hippocrateslaan en Pasteurrylaan, asook Pasteurrylaan en Beststraat, skoongemaak en oorgeverf.
Die gemeenskap het gesorg dat die jeugdiges se dors geles is deur drinkgoed te skenk.
AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein, Christo Groenewald, verduidelik dat selfdoen werk glo altyd beter is as niks doen.