Die Bloemfontein gemeenskap word gemaan om hierdie naweek vir ‘n aansienlike styging in die weertemperature gereed te maak.
Volgens Mangaung Metro se woorvoerder Qondile Khedama het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) ‘n hittegolfwaarskuwing vir die volgende drie dae in die Mangaung Metro uitgereik.
Luidens SAWD sal ‘n boonste hoogtedrukstelsel oor die land heers, wat lei tot hittegolftoestande met aanhoudende hoë temperature oor die oostelike dele van Noordwes en die Vrystaat. Alle inwoners word versoek om direkte blootstelling aan die son te vermy om dehidrasie, hitte-uitputting en hitte beroertes te voorkom.
Khedama doen ook ‘n beroep op alle inwoners om genoeg water te drink, buitemuurse aktiwiteite te beperk, ligte, gepaste klere te dra en om nie kinders en troeteldiere in voertuie te los nie.