Een verdagte is Dinsdagoggend in hegtenis geneem in Wilgehof, ‘n woonbuurt in Bloemfontein, na ’n reeks honde vergiftig en motorfietse in verskeie woonbuurte gesteel is.

Die Fichardtpark Woonbuurtassosiasie (FWA) berig dat die inhegtenisneming uitgevoer is deur ’n reeks sekuriteitsfirmas en assosiasies.

Die verdagte bly in aanhouding by Parkweg SAPD vir verdere ondersoek.

Goeie en vinnige kommunikasie via die FICH-Net-radiostelsel het ’n groot rol gespeel om hierdie sukses te verseker.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×