Dosente van die Motheo-TVET-kollege in Bloemfontein gee na bewering steeds klas ná vrouestudente klagtes van seksuele teistering teen dié drie ingedien het.

Die inligting het tydens ‘n toesigbesoek aan die kollege deur die parlementere portefeuljekomitee oor hoër onderwys aan die lig gekom.

Netwerk24 berig verder daar is sedert 2022 nege gevalle van seksuele teistering teen dosente by dié kollege aangemeld.

Van die dosente is dissipliner verhoor en afgedank. Die kollege se hoof het op vrae van die komitee gesê die dosente word ook by die Suid-Afrikaanse raad vir opvoedkundiges verkla waarna hulle dan nêrens onderrig kan gee nie.

error: Inhoud is beskerm !!