n Man se liggaam is in ‘n dam naby die Meadowspad, suidoos van Bloemfontein, gevind, waar sy voertuig sedert Vrydag verlate gestaan het.

Nuusflits berig die Bloemspruit-polisie is in kennis gestel van ‘n blou Toyota Corolla met ’n Vrystaat-registrasienommer wat oop en verlate in die gebied gesien is.

’n Patrolliemotor het ondersoek ingestel en na die voertuig se eienaar gesoek, wat gelei het tot die ontdekking van die liggaam in die dam.

Die Bloemfonteinse duikeenheid is ontbied om die liggaam te verwyder en te identifiseer.

Die slagoffer is laas Vrydag deur sy familie gesien toe hy die voertuig bestuur het.

Die Bloemspruit-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×