Twee mans wat na bewering die bejaarde Morrison-egpaar vermoor het, verskyn Woensdag op 12 aanklagte in die Bloemfonteinse Hooggeregshof.

Christo en Christa Morrison van die Glen-distrik in die Vrystaat is in Mei vermoor.

Netwerk24 berig Mohao Lebeko en Motlalentoa Wolf was albei werkers op die Morrisons se plaas Rietfontein ,en is aangekla vir die bejaardes se moord.

Die beskuldigdes het glo vir Christo oorval en met ’n skaapskêr doodgesteek. Daarna is Christa glo aan ’n stoel vasgebind en gedwing om R118 000 aan hulle oor te plaas voordat sy ook wreedaardig vermoor is.

Christo se liggaam is in ’n boorgat versteek en Christa s’n in ’n septiese tenk.

Die beskuldigdes het met die egpaar se Toyota Land Cruiser gevlug en het met die gesteelde geld alkohol, klere en kos gekoop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×