Bloemfonteinse kunstenaar en akademikus word met Stalsprys vereer

 Bloemfonteinse kunstenaar en akademikus word met Stalsprys vereer

Prof. Janine Allen-Spies van die Universiteit van die Vrystaat, is pas met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stalsprys vereer.

Prof. Spies, wat verbonde is aan die departement beeldende kunste, sê sy voel nederig, maar ook opgewonde, veral omdat erkenning gegee word aan haar rol as aktivis, en ook ander aspekte wat vir haar belangrik is.

Sy het verder aan Netwerk24 vertel dat sy, behalwe vir ‘n jaar in Europa, sedert die ouderdom van sewentien (17) aan die UV verbonde is.

Sy berei tans voor vir ‘n tweeman-uitstalling saam met die fotograaf Andre Rosein die William Humphrey-kunsmuseum in Kimberley, asook ‘n groepuitstalling in Pretoria.

LeandreAdmin@