‘n Slagoffer is by aankoms by die hospitaal dood verklaar nadat hy meer as 30 steekwonde aan sy lyf opgedoen het.

Nuusflits berig ‘n voorlopige ondersoek het bevind dat Fezile Mnyobisi, ‘n onderwyser by Laerskool Refihlile oos van Bloemfontein, aangeval is.

Sy vrou, Halimmah Thamando Mnyobisi, het hom na die hospitaal geneem en hom daar gelos.

‘n Lasbrief is vir haar inhegtenisname uitgereik. Die voorval is aanvanklik as roof en moord geregistreer.

Terwyl verdagtes in hegtenis geneem is, is verdere lasbriewe uitgereik vir verdagtes wat nog op vrye voet is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×