Bloemfonteinse pa van 2 maande oue baba sterf toe vragmotor fietsryers tref

‘n Tragedie het hom gisteroggend op die N8 by Bloemfontein afgespeel toe die ouers van ‘n twee-maande oue baba deur ‘n vragmotor getref is terwyl hulle fiets gaan ry het vir oefening.  Vicus Pienaar is op die toneel dood verklaar en sy vriendin Tiffany de Kock is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.  Netwerk24 berig volgens ‘n ooggetuie het hulle ‘n harde slag gehoor vanaf hulle huis wat naby die Brendarweg-afrit op die Kimberley pad is.  Hulle het op die toneel aangekom waar die vragmotorbestuurder op sy selfoon gepraat het.  Die polisie het teen laat gisteraand nog nie die voorval bevestig nie.  Die paartjie het na wat berig word gereeld die pad met hulle fietse gery vir oefening.

Luister na potgooie hieronder