‘n Bloemfonteinse prokureur is gister deur die hooggeregshof gelas om nagenoeg R12-miljoen binne 48 uur aan die Syferfontein-trust terug te betaal.

Volksblad berig sy regsfirma, Hannes Bekker-prokureurs, moet ook alle besonderhede oor die R12,5-miljoen wat in 2021 by die firma inbetaal
is, aan die Syferfontein-trust se prokureur verskaf.

Luidens hofstukke het Bekker verlede maand gesê hy is in besit van ongeveer R12-miljoen van die trust.

Bekker voer aan hy kon die geld, weens probleme met sy bank, nie voor einde September oorbetaal nie.

Netwerk24 het vroeër berig die geld is deel van die opbrengs van ’n plaas wat in 2021 vir nagenoeg 17-miljoen rand verkoop is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×