‘n Verdagte is Donderdagaand by die Southern Sentrum, in Fichardtpark Bloemfontein, weens identiteitsbedrog in hegtenis geneem. Volgens die Fichardtpark Buurtvereniging is Senforce wagte, deur middel van die FICH-Net radionetwerk, ingelig dat ‘n vrou met vervalsde dokumente ‘n foon probeer koop het.

Die polisie is ontbied en die vrou is tans by Bainsvlei Polisiestasie in aanhouding, terwyl die saak ondersoek word. Daar is 3 sake van identiteitsbedrog geopen en ‘n ondersoek volg na ‘n beweerde voertuig wat die vrou glo sou kom optel het.

error: Inhoud is beskerm !!