Verdagtes wat op ‘n video gesien kan word hoe hulle ‘n man en vrou in ‘n Ford Fiesta, in Bloemfontein se middestad roof is deur die polisie in hegtenis geneem.
Sersant Mahlomola Kareli sê aan Rosestad-nuus, alhoewel die verdagtes in aanhouding is, is daar nog nie ‘n saak teen hulle oopgemaak nie en hy versoek dus die slagoffers om so gou as moontlik ‘n saak by die Parkweg-polisie te gaan aanmeld, om sodoende te verseker dat geregtigheid kan geskied.
Volgens die plasing en video wat die rondte op sosiale media doen is daar glo 12 mans wat gereeld mense in hul karre asook kinders beroof.
Dié roof het glo by die Rocklands taxi staanplek plaasgevind.