Daar is steeds spaza-winkels in Bloemfontein wat onwettige goedere verkoop. Dit het, volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit, tydens ‘n omgewingsgesondheid- en veiligheidsoperasie rondom die Bloemfonteinse sakekern aan die lig gekom.

Amptenare van die Metro het onder leiding van die LUR vir Openbare Veiligheid, Bongi Tsoleli, op verskeie  produkte beslag gelê, insluitend onwettige sigarette, medisyne en oopgemaakte vleispakkies sowel as oopgemaakte pakke doeke.

Tsoleli sê die operasie volg op die Cogte Minister se aankondiging van verlede week dat registrasieperiode vir spaza-winkels verleng is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×