Bloemfonteinse vrou eis R1,3 miljoen na val in winkelsentrum

 Bloemfonteinse vrou eis R1,3 miljoen na val in winkelsentrum

Die 83 jarige Linda van der Linde van Bloemfontein eis R1,3 miljoen van die eienaars van die Loch Logan Waterfront nadat sy in Junie 2017 deur ‘n elektroniese deur omgestamp is, geval het en haar heup gebreek het.

Sy moes ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan na die val.

Netwerk24 berig luidens die eis in die Vrystaatse hooggeregshof het die Loch Logan Waterfront, aan wie die sentrum behoort, na bewering geweet die deur is foutief en moes hy dit herstel het of die publiek gewaarsku het.

Volgens van der Linde is geen waarskuwingsborde aangebring nie.

Van der Linde eis R700 000 vir algemene skadevergoeding, R300 000 vir toekomstige mediese koste, R300 000 vir ‘n verpleegster wat haar sal moet bystaan en R9422 vir mediese kostes wat nie deur haar mediese fonds gedek is nie.

LeandreAdmin@