Die Bloemfoteinse groep, Belinda & Amy Band, het met hulle snit, Onsigbaar, vroeër die week die Afri-Indie toekenning vir beste alternatiewe enkelsnit gewen.

Belinda en Amy, wat in twee katergorieë genomineer is, het op hulle Facebook-blad almal bedank wat hulle bygestaan het, en gesê hulle woorde is min maar hulle harte is vol. Asook dat hulle die toekenning huis toe bring, na Bloemfontein.

Die rooi tapyt gala media-geleentheid het in Pretoria by die AfriForum Teater plaasgevind, en gee sedert 2019 aan ‘n wye reeks kreatiewe werke – onder andere kunstenaars, liedjieskrywers en musiekvervaardigers – erkenning.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×