Die Departement van Water en Sanitasie kan moontlik die uitvloei by Bloemhofdam Saterdag weer verhoog.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat tien sluishekke by die Vaaldam oopgemaak is aangesien watervlakke by die dam aanhou styg het weens swaar invloei op die boonste opvanggebiede.
Die departement sê hierdie aanpassings is nodig om die voortdurende stygende invloei en veilige werking van die Vaal- en Bloemhofdam te bestuur.
Volgens Newskoop sê die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, die uitvloei was Vrydag verhoog en kan moontlik Saterdag weer verhoog word.