Eerstens watersake….Bloemwater het gisteraand die watertoevoer na groot dele van die stad verminder na slegs 30%, nadat die Mangaung Metro munisipaliteit nie sy waterrekening betaal het nie.  Volgens die DA-raadslid, Russouw Botes, word ‘n groot deel van die stad geraak deur hierdie beperking omdat water na die Brandkop-, Longridge-, Wepener- en Dewetsdorp-reservoirs beperk word tot 30%.  Botes het aan Rosestad 100.fm-nuus gesê dat daar op hierdie stadium nog nie ‘n indikasie is van wanneer die probleem opgelos gaan word nie. Rosestad nuus sal luisteraars op hoogte hou indien daar verwikkelinge plaasvind. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×