Bloemwater en die Mangaung Metro het ‘n ooreenkoms bereik rakende agterstallige betalings vir waterlewering, wat beteken dat die watertoevoer weer oopgemaak word

 Bloemwater en die Mangaung Metro het ‘n ooreenkoms bereik rakende agterstallige betalings vir waterlewering, wat beteken dat die watertoevoer weer oopgemaak word

Bloemwater en die Mangaung Metro het ‘n ooreenkoms bereik rakende agterstallige betalings vir waterlewering, wat beteken dat die watertoevoer weer
oopgemaak word.
Rosestad Nuus het van die DA se waterkenner, Rossouw Botes, verneem dat die ooreenkoms ter elfder ure bereik is.
Dit volg nadat die metro, wat miljarde rand aan agterstallige geld skuld, gedreig het om Bloemwater hof toe te sleep.
Dit is nie seker of die water reeds begin inloop het nie, maar die verwagting is dat dit geleidelik gedoen sal word om druk op die pype tot ‘n minimum te beperk.
Gevolglik kan dit 24 uur duur voordat die waterlewering weer op volsterkte is.
Rosestad Nuus sal luisteraars op hoogte hou soos sake ontwikkel.

LeandreAdmin@