Bloemwater tot 9-uur vanoggend gegee om water aan te sit

Bloemwater, wat verlede week die waterlewering tot 30% verminder het, is tot 9-uur vanoggend gegee om die water aan te sit.
Indien Bloemwater nie by hierdie tyd hou nie sal die Mangaung-Metro die hooggeregshof in Bloemfontein met ‘n dringende interdik nader.
Bloemwater het die waterlewering verminder nadat die Metro Munisipaliteit nie hulle rekening van R1,1 miljard betaal het nie.
Luidens berigte was daar in Augustus vanjaar ‘n ooreenkoms gesluit oor die Metro se rekening, wat die Metro nie ooreengekom het nie.
Uivoerende hoof van Bloemwater het gister aan Netwerk24 gesê dat Bloemwater en Mangaung Metro nog probeer tot ‘n vergelyk kom.

Luister na potgooie hieronder