Blou Bulle en die Leeus sal eerste mekaar pak in die Curriebeker-reeks se halfeindronde

 Blou Bulle en die Leeus sal eerste mekaar pak in die Curriebeker-reeks se halfeindronde

Blou Bulle en die Leeus sal eerste mekaar pak in die Curriebeker-reeks se halfeindronde, wat op 23 Januarie beslis sal word.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het die tye van die twee halfeindstryde aangekondig.
Netwerk24 berig die Bulle en die Leeus sal om twee-uur op Loftus Versfeld in Pretoria slaags raak. Daarna sal alle oë op Nuweland in Kaapstad wees vir die tweede halfeindstryd tussen die Westelike Provinsie en die Haaie om halfvyf die middag.
Die twee wenspanne sal op 30 Januarie in die eindstryd kragte meet.

LeandreAdmin@