Suid-Afrika se drinkwatergehalte het sedert 2014 met rasse skrede agteruit gegaan.
Die waterkwaliteit het tot so ‘n mate verswak, dat amper die helfte van die land se water nie meer veilig is om te drink nie.
Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, het die volledige Bloudruppelverslag vroeër vandag in die publieke domein geplaas.
Die persentasie drinkwaterstelsels in die Vrystaat met power, of uiters powere watergehalte, het tussen 2014 merkbaar van 13% in 2014, tot 59% in 2023 gestyg.