Die agt lede van die presidensiële beskermingseenheid wat ‘n paar weke gelede geskors is nadat hulle drie motoriste op die N1-snelweg in Fourways, Johannesburg aangerand het, moet Maandag in ‘n landdroshof in Johannesburg verskyn. ‘’n Video is van die voorval geneem en op sosiale media versprei. Die agt is oor die naweek deur die onafhanklike polisie-ondersoek-direktoraat aangesê om Sondag by die Sandton-polisiekantoor aan te meld. Hulle sal dan formeel aangekla word. Die agt gaan glo aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hulle is deel van adjunk-president Paul Mashatile se beskermingspan.
