Business Leadership South Africa (BLSA) sê die sakesektor is vol vertroue dat die land nou vordering met sy logistieke krisis kan maak.
Volgens die BLSA het die nuwe minister van vervoer, Barbara Creecy, ‘n nuwe vlak van fokus na die departement gebring.
Hulle het vyf teikens uitgelig wat die minister vir die volgende vyf jaar aan die sakesektor gegee het. Die teikens sluit die verhoging van die hoeveelheid vrag wat elke jaar verskeep word, verhoging van hawebedrywighede, en die verhoging van passasiersreise van die passasierspooragentskap van Suid-Afrika in.
BLSA sê dit word aangemoedig deur die werk wat minister Creecy tot dusver in haar portefeulje gedoen het.