Busi Mavuso, die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, of BLSA, het in haar weeklikse nuusbrief gesê Suid-Afrika se regering moet minder geld uitgee. Meer staatsbesteding lei nie tot ekonomiese groei nie, maar dit kan eerder tot ‘n finansiële krisis lei wat die staat sal verhinder om ‘n maatskaplike veiligheidsnet vol te hou. Mavuso daar is net twee keuses, besnoei besteding of veroorsaak ‘n finansiële krisis. Sy het gesê daar is geen manier hoe besteding kan toeneem sonder om die staat se solvensie in gevaar te stel nie, berig Netwerk 24. Enoch Godongwana, minister van finansies het die afgelope tyd gehaaldelik gewaarsku dat die staat se geldsake agteruitgaan. Mavuso het gesê as die staat nie sy skuld kan betaal nie, is dit ‘n ramp. Sy het gesê die probleem is nie ‘n gebrek aan staatsbesteding nie, maar dis die struktuur van die ekonomie, staatsondernemings wat misluk, misdaad en korrupsie.