‘n Man is noodlottig geskiet, na bewering deur ‘n boer in Mpumalanga wat hom daarvan verdink het dat hy onwettig op ‘n plaas by Bethal gejag het.

IOL berig die moordbeskuldigde boer is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag voor die Bethal-landdroshof verskyn. Volgens Mpumalanga provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, is die slagoffer wat in die geselskap van ‘n vriend was, Sondag op ‘n plaas geskiet.

Die 48-jarige moordbeskuldigde boer is op die toneel gevind in besit van ‘n vuurwapen wat vermoedelik in die noodlottige skietery gebruik is. Die polisie het gesê drie leë patrone is ook op die toneel gevind, en volgens polisie-inligting is die slagoffer van ongemagtigde jag op die plaas verdink.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×