‘n Model vir die Boerboel-klerereeks, Fritz Wolmarans, is oorlede.

Fritz, wat ook die eienaar van ‘n konstruksiemaatskappy in Reitz was, is Dinsdag in die ouderdom van 36 aan natuurlike oorsake oorlede.

Sy vrou, Liné, het aan Netwerk24 vertel dat hul jongste dogtertjie volgende week Woensdag haar eerste verjaarsdag gaan vier.

Liné het glo Fritz se dood Woensdag op Facebook gedeel, en verskeie huldeblyke het reeds ingestroom.

Volgens een van die kommentare op Facebook is Fritz nou saam met sy ma en boetie.

Sy gedenkdiens sal na verwagting Maandag in die AGS-kerk in Reitz wees. Die diens sal glo regstreeks uitgesaai word.

error: Inhoud is beskerm !!