Met die feesseisoen op hande moedig Vrystaat Landbou (VL) boerderygemeenskappe aan om ekstra paraat en oplettend gedurende dié tydperk te wees. Dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, sê dat veral eiendomsverwante misdade soos inbrake gereeld in die feestyd voorkom. Items en produkte wat in store geberg word soos saad, kunsmis, gif, batterye van trekkers, diesel, ens. word veral gesteel. Waar moontlik, word boerderygemeenskappe aangemoedig om betrokke te wees en te raak by wit/bloulig patrollies in samewerking met die polisie in hul areas. Ekstra veiligheidsmaatreëls moet ingestel word ten einde hul eiendom en ook hul produkte, implemente en vee, teen diefstal te beskerm.