Mense van Hobhouse en omgewing in die Vrystaat, het gister saam met kommersiële- en kleinboere, sewe verdagtes by die landdroshof ondersteun wat van die moord op ’n vermeende veedief aangekla word.

Die verdagtes – wat kleinboere is – het ‘n vermeende veedief op heterdaad betrap en na bewering so erg aangerand dat hy dood is.

Netwerk24 berig volgens boere in die omgewing is veediefstal hier buite beheer en dat dit juis die rede is waarom hulle die beskuldigdes ondersteun.

Een boer het gesê hy het in 2022 altesaam 100 beeste weens veediefstal verloor.

Die veediefstaleenheid op Ladybrand het skynbaar net een polisielid.

Die gesteelde vee word dikwels eers in Lesotho ingejaag, maar word dan terug oor die grens gebring en in die Bloemfontein-omgewing verkoop.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×