Die land se boere en plaaswerkers behoort hulle werk te kan doen sonder die vrees dat hulle slagoffers van misdaad kan word. Dit aldus die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, nadat ‘n plaasbestuurder in die Potterville-omgewing vermoor, en nog een ander persoon in die aanval beseer is. Die rowers het vuurwapens gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het. Meyer sê hy soek geregtigheid vir die moordslagoffer se familie, asook vir elke landsburger.
Aan die hand van data wat deur AfriForum vrygestel is, was daar in 2023 nie minder nie as 296 plaasaanvalle en 49 plaasmoorde. Die meeste rooftogte op plase word deur twee of meer aanvallers uitgevoer. Amper twee-derdes van alle plaasmoordslagoffers is ouer as 60.