Boere is bekommerd dat die Grondonteiening Wetsontwerp reeds besig is om voedselveiligheid te bedreig.

Die geformuleerde voorstel wag nog op die president se handtekening om wet te word.

The Citizen berig dat baie boere reeds hul langtermynbeleggings gestaak het weens huls onsekerheid oor die toekoms.

In voedselproduksie is beleggings broodnodig om toekomstige voedselvoorrade te verseker.

Die Transvaalse Landbou-Unie se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê volgens die wetsontwerp sal grondonteiening vir openbare doeleindes en openbare belang plaasvind sonder vergoeding.

Sodra die president die wetsontwerp onderteken, sal mense hul eiendom verloor.

Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Landbou-Inisiatief, Dr. Theo de Jager, het gewaarsku dat hierdie wet onsekerheid vir boere skep en langtermynbeleggings in die landbousektor ontmoedig.

error: Inhoud is beskerm !!