“Ons boere gaan nie onteien word nie. Ons gaan bankrot gesteel en vermoor word, as ons nie sélf genoeg inligting inwin om misdaad te beveg nie”.

Só sê die misdaadkenner Lukas Swart.

Netwerk24 berig volgens Swart was daar voor die Covid-19 pandemie sowat 2,5 miljoen lede van misdaadbendes in Suid-Afrika.

Weens werkloosheid is dit nou ’n geraamde 13 miljoen. Vuurwapens en geld bly trekpleisters.

Die oud-Springbok, Kobus Wiese, het gesê dit sal slegs beter gaan kan wanneer Bheki Cele, minister van polisie, en die president die probleem
erken.

Hy het gesê mens net ’n halwe breinsel nodig om te besef hoe belangrik landbou vir die land is.

Hy glo daar is geen verskoning om iemand te vermoor en te verkrag nie.

“Dit kan nie kos op jou bord sit nie”.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×