Die noordweste en die noordooste van die Vrystaat blyk die jongste teiken te wees om boorgate te sink met die doel om na gas te soek.

Netwerk24 berig Rhino Oil and Gas, ‘n Amerikaanse maatskappy, doen nou by die departement van minerale bronne en energie aansoek om boorgate op meer as 2 500 plase hier te sink.

Volgens Rhino Oil and Gas se dokumentasie sal hy nie noodwéndig vir ‘n waterlisensie aansoek hoef te doen nie, aangesien hy nie gas deur hidrobreking gaan soek nie.

Gernie Botha, uitvoerende hoof van Vrystaat Landbou, het gesê hulle is bekommerd, omdat daar nie waarborge is dat die maatskappy nié hidrobreking sal gebruik nie.

Hy wou weet wie gaan toesien dat dit nié gebeur nie.

Boere in die streek is bekommerd dat waterbronne hierdeur besoedel kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×